Sirkus. Irma Venter

Читать онлайн книгу.

Sirkus - Irma Venter


Скачать книгу
dit? Dis al wat jy wil hê?”

      “Ja. Jy en Boris kan in skofte werk.”

      “Gaan sy weet ons is daar?”

      “Nee. En sy moet ook nie.”

      “Ek verstaan nie.”

      “Pas haar net op, asseblief. Moenie dat sy iets oorkom nie. Dis al wat ek vra.”

      “Goed, ek sal met Boris praat. Wat van Sarah?”

      “Dis nie nodig dat sy betrokke raak nie.”

      My halfsuster sal my nooit vergewe as haar dogter iets oorkom nie. En hoe minder mense weet wat aangaan, hoe beter.

      “As jy so sê.”

      Sy lees wat ek geskryf het. “Elizabeth Fey … Jy sal my meer inligting moet gee. Teen wie beskerm ons hierdie vrou? Wie is sy?”

      Ek skud net my kop.

      “Wat doen ek as iets gebeur? Bel die polisie?”

      “Bel vir Boris.”

      “Okay. Waarvoor moet ek op die uitkyk wees?”

      “Iemand wat nie hoort nie, wat nie inpas nie. Iemand wat haar dophou. Ek dink nie sy’s in gevaar nie, maar ek wil seker wees. Dit sal my baie gemoedsrus gee om te weet jy pas haar op.”

      Dis die reine waarheid. Ranna was nie verniet ’n lyfwag daardie tyd toe sy in Indië weggekruip het nie.

      “Verder kan ek niks vir jou sê nie. Ook nie wie sy is nie, so moet asseblief nie vra nie.”

      “Jy wíl niks meer sê nie.”

      “Miskien,” gee ek toe.

      “Eendag gaan jy iemand móét vertrou.”

      “Wat is hierdie dan? Is dit nie vertroue nie?”

      Ek kyk na die lang vrou voor my. Van ’n kind wat haar pa geskiet het tot ’n bekroonde fotograaf tot ’n voortvlugtige. Hoe gebeur dit? Hoe het mý lewe gebeur?

      Ek ken die antwoord: die onvoorsiene … Omstandighede en gevolge. Dit wat geen pienk prinsesstorieboekie ooit sê met jou kan gebeur nie.

      “Moenie betrokke raak nie,” waarsku ek. “As jy iets verdags sien, bel vir Boris en gee pad.”

      “Moet ek skiet as dit nodig is? As dit nie anders kan nie?”

      Ranna kon nog altyd goed tussen die reëls lees, die grys tussen die swart en wit sien. Daardie deel wat mense so maklik veroordeel, tot hulle dit self moet inkleur.

      Ek haal diep asem, antwoord versigtig, al weet ek presies wat sy sal doen as iemand ’n vuurwapen naby haar uitruk.

      “Jy moet doen wat reg is. Wat vir jou reg is. Wat jou veilig hou.”

      “Okay.” Sy knik. “Ek sal so maak.”

      Ek loop kamer toe, draai om by die deur. “Wees asseblief versigtig, Ranna. Moenie iets onnosels aanvang nie. Ek is dit beslis nie werd nie.”

      3

      Johannesburg, vandag

      Ek wil nie die oproep na Boris maak nie, maar ek kan nie langer uitstel nie. Ek is weg by Crow’s sonder om vir hom te sê wat aangaan.

      “Boris?”

      “Wat’s fout? Hoekom het jy sommer net gery? Jy’t nie eers vir Zenani gesê waarheen jy op pad is nie.”

      Ek wag dat sy woede bedaar. “Themba sê hy is hier.”

      Ek hoor gewigte op die agtergrond val. Boris moet in die gym wees.

      “Yasen?” Hy asem hard uit. “Kan nie wees nie, ek het hom dan self gesien. Hy’s in die tronk. Waar hy hoort.”

      “Hulle het hom laat gaan. Hy is kamstig siek.”

      “Siek? Beslis nie.”

      “Ek weet. Hy het seker iemand omgekoop. Maar dit maak nie saak nie. Hy het ’n nuwe paspoort. Hy gebruik die naam Viktor de Klerk.”

      “De Klerk?” Staal klap dofweg teen staal. “Wat gaan ons doen?”

      “Volgens Themba is hy in die Kaap. Ek gaan kyk of dit waar is.”

      “Ek kom saam.”

      “Nee. Ek het met Ranna gepraat. Julle moet na Liesbet kyk.”

      “Hy weet nie van Liesbet nie. Ek kom saam met jou.”

      “Boris … Ek het een keer ’n fout gemaak en gedink ons sal veilig wees. Nie weer nie.”

      Stilte.

      “Hoe weet jy hy’s in die Kaap?”

      “Ek sê mos. Themba.”

      “En jy vertrou hom?”

      “Hy het geen rede om te lieg nie.”

      “Jy kan nie alleen gaan nie.”

      “Ek bel jou sodra ek weet waar hy is.”

      “Jy sal nie.”

      “Ek sal. Belowe.” Dit voel skielik soos destyds. Toe ons eintlik niks meer as kinders was nie. “Hierdie keer weet ek presies wie en wat hy is.”

      Boris vloek hard in die taal wat ek nooit heeltemal onder die knie kon kry nie. Ek bly stil, wag dat hy bedaar.

      “Ranna kan die eerste paar ure doen,” sê hy uiteindelik. “Ek sal oorvat as dit donker word.”

      “Dis wat ek ook gedink het.”

      Hy brom skepties. “En ek gaan ’n paar oproepe maak. Ek kan nie glo hulle het hom laat gaan nie.”

      “Moet net nie aandag trek of moeilikheid maak nie.”

      “Ek sal nie. Wat van jou familie? Die Fouries? Zenani?”

      “Tiny-hulle sal sorg.”

      “Okay. Ek sal oor ’n uur by Ranna incheck. Bel my as jy in die Kaap is.”

      “Ek sal.”

      Die tweede oproep is makliker. Tiny van der Westhuizen ken my al baie jare, hy vra nie vrae nie.

      “Oom Tiny?”

      “My girl?”

      “Kan jy reël dat iemand ’n ogie oor Crow’s en die Fouries hou?”

      “Hoekom?”

      “Sommer.”

      “Wat van Sarah?”

      “Daardie kasteel van haar is veilig genoeg, een man sal doen.”

      “Hoeveel betaal jy?”

      “Maak nie saak nie.”

      “So jy soek die groot kanonne?”

      “Asseblief. En die onsigbares. Niemand moet hulle sien nie.”

      “Ex-cops okay? Of soek jy bikers?”

      “Polisiemanne is reg.”

      “Nou toe, pas jouself op.” Hy snuif hard. “Ek wil nie vir Sarah se ma blomme stuur nie. Daai oulady dink klaar jy’s gif.”

      RANNA

      1

      Johannesburg, vandag

      Volgende keer as Alex alleen die pad vat, gaan kuier ek vir Sarah. Of ek gaan boek by ’n hotel in. ’n Vyfsterhotel waar ek ’n spa­behandeling kan kry. ’n Heerlike, lang massering wat al die knope in jou skouers laat losskiet. ’n Plek met kamerdiens en mojito’s met vars pepermentblare wat in lang glase by die swembad bedien word.

      Ek kyk weer na my foon. Nog steeds net Alex se eerste bood­skap om hallo te sê. Is hy


Скачать книгу