Die troebel tyd. Ingrid Winterbach
Читать онлайн книгу.het nog nooit eens saam koffie gedrink in die coffee shop een verdieping onder die Buro nie), maar die werk interesseer haar nie juis nie. Sy mis haar navorsing, sy mis die laboratorium. Sy hou die koerante fyn dop vir betrekkings in haar vakgebied iewers, maar voorlopig is daar geen vakante poste in die provinsie nie. Solank as wat die man wat sy so grondig beledig het die hoof van dierkunde bly, kan sy ook vergeet om dáár weer in diens geneem te word. In die wingerde word die eerste tekens van lewe sigbaar: die sap begin styg in die kaal wingerdstokke en hier en daar is al delikate uitlopers merkbaar.
Toe sy aan die begin van Oktober ’n keer koffie drink in die dorp by die Fynbos coffee shop, staan daar in die een toilet agter die deur, weer in swart koki-pen geskryf: GEDENK DIE LEVIATAN. Weer met die vreemde, klein piktogram daarby – die Zeppelin, amoeba en walvis.
In November stuur Potsdam haar na Gauteng om ’n kongres by te woon oor langafstandonderrig. Die streek is al weke lank in die greep van ’n uitmergelende hittegolf. Die referate is vervelig. Haar aandag dwaal. Sy droom sy val by ’n mynskag af en kom tot stilstand in die Hadiese tydperk waar daar niks is nie. (Waarom bloei die paradys en is die hel onvrugbaar?)
In die middel van November lees Magrieta in die koerant dat professor Eliot Mogoerane, hoof van die department dierkunde aan die Universiteit van Venda, in ’n motorkaping geskiet is en inderhaas per helikopter na ’n hospitaal in Pretoria vervoer is, waar hy om sy lewe veg. Sy is ontsteld. Sy het nog gehoop om vroeër eerder as later saam met hom en sy spannetjie op soek na fossiele te kan gaan: die suidelike ekwivalente van onder meer Anomalocaris – met die kringmondjie en tande op die binnerand, en Odontogriphus – die getande raaisel, met die spore van klein, konusvormige tandjies. In die daaropvolgende dae vind sy geen nuusberigte wat aandui of professor Mogoerane die kaping oorleef het nie. Sy aanvaar hy het wel, anders sou sy dood sekerlik vermeld gewees het.
Toe sy aan die einde van November met Willem eet by ’n deftige wynlandgoed net buite die dorp, met lieflike uitsig op olyfboorde en hemelhoë bergpieke, staan daar agterop die een toiletdeur (ontsierend in die vlekkeloos skoon state of the art-kleedkamer), weer eens in swart koki: LET OP DIE LEVIATAN. En weer eens met die klein piktogram.
Die jong groen druiwetrossies het reeds begin verskyn.
In Desember kry sy ’n groot bonus en drie weke vakansie.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.