Sewe-en-veertig. Irma Venter

Читать онлайн книгу.

Sewe-en-veertig - Irma Venter


Скачать книгу
hoor die geskud van pilbottels.

      “Daarsy.”

      Hy gooi die sportsak oor sy skouer. Glimlag. Die mooi, geduldige, warm glimlag. Die een wat sy bleekblou oë laat lewe kry, wat maak dat jy skielik twee keer na hom kyk.

      “Wie’s so belangrik dat ons Kaap toe vlieg?” vra hy op pad uit die kamer uit. “Jy haat vliegtuie en lughawens. En jy’s nie altyd gewillig om mense sommer net so te help nie.”

      “Iemand wat ek al lank ken. Voor jou tyd.”

      “Goeie vriend?”

      “Ja.”

      “Hoe goed?”

      “Nie wat jy dink nie.”

      Hy skakel die geiser af, gryp sy huissleutels van die kombuistoonbank. “Is dit nie tyd dat jy iemand ontmoet nie? Jy’s ses-en-twintig.”

      Altyd dieselfde gekarring. Hy klink al nes my ma.

      “Dis halfses in die oggend. Ons het nie nou tyd vir matchmaking nie.” Ek bly stil oor die man in my bed – die een wat ek moes uitskop voor ek gery het. Jaap sal net worry. Hy’s erger as wat my pa was.

      Ek vee oor die ses platinumoorbelle in my regteroor. Een vir elke lid van my gesin. Die een in my linkeroor is vir die een wat weg is.

      Jaap se oog vang die gebaar. Hy maak sy mond oop asof hy iets wil sê.

      “Ek was saam met Mosela in die tronk,” sê ek vinnig. Enigiets om die gesprek se rigting te verander.

      Hy frons. “Wat het hy gedoe-”

      “Sy.”

      “Okay. Wat het sý gedoen om tronk toe te gaan?”

      “Ek sal op pad verduidelik. Belowe.”

      Jaap sluit die voordeur van sy meenthuis. Sy hond gaan saam met Megabyte by my ma bly tot ons terug is. Sy sal hulle later vandag kom optel.

      Jaap vryf die yslike geel Labrador agter sy ore. “Soet wees, ou honne. Sien jou binnekort. Moenie dat die mense jou weer so vet voer soos laas nie.”

      Hy kyk na my. “Dis Maandag. Gaan ons betyds terug wees vir die Lions se Super Rugby game?”

      “Die Lions? Ek dog jy’s ’n Bulls fan?”

      “Hulle is ossies hierdie seisoen. Almal van hulle. Ek kan die pyniging nie meer verduur nie.”

      SARAH

      3.

      Maandag 6 Julie, 10:01

      Die wind ruk aan die klein silwer Audi A1. Ek wou nie sukkel met ’n groot kar in Kaapstad se nou, besige strate nie.

      Die verkeer is chaos, al is dit reeds ná tien en die paaie nie so nat soos wat ek verwag het nie. Die reën sit oor die see soos ’n beneukte grys rondloperhond wat wonder oor nader kom. Dis koud. Kouer as in Pretoria. So ’n windverwaaide tot-in-die-murg-koue wat aan jou lyf hap as jy jou neus by die deur uitsteek.

      “Wanneer laas was jy hier?” vra Jaap.

      Ek het nie geweet hy is wakker nie. Hy het regdeur die vlug geslaap – hóé weet ek nie – en dadelik weer oë toegemaak toe ons in die gehuurde motor klim. Ek wou naar word toe die vliegtuig deur die wolke inkomplek moes soek en teen die wind land, so skuins-skuins, een wiel op ’n slag.

      “Laas jaar,” antwoord ek. “En jy?”

      “Seker agt jaar gelede.”

      Hy kyk nuuskierig om hom rond. Soek na sy Woolies-lughawekoffie ingedruk langs my leë teekoppie en drink daarvan, al moet dit seker al lou wees. “Mag ek nóú weet wat ons hier doen?”

      “Mosela sal verduidelik. Ek weet nie mooi nie. Sy het iets oor moord gesê. Dat iemand gaan doodgaan.”

      Hy sit regop. “Moord? En jy vertel my nou eers?”

      “Ek het geweet wat jy gaan sê.”

      “Dat ek nie belangstel nie?”

      “Presies. Maar jy moet. Jy’s die afgetrede speurder. Ek hack en code net.”

      Hy hou sy linkerhand op. “Uh-huh. Die reëls bly dieselfde: ek wil nie weet wat jy doen nie. As die polisie ooit by my opdaag met allerhande vrae oor jou, wil ek onskuldig pleit en dit bedoel.”

      “Dan moet jy ophou om so nuuskierig te wees.” Ek kyk na hom, lag.

      “Guh.” Hy sluk weer aan die koffie.

      “Moenie worry oor wat jy moet doen nie, dit sal wettig wees. Ek sal seker maak. En soos ek sê. Ek sal goed betaal.”

      “En soos ek sê. Dis nie nodig nie.”

      “Jy moet meer omgee oor geld,” raas ek. “Jy’t nie naastenby genoeg nie.”

      “Volgens wie se standaarde?”

      “Myne. Die bank s’n.”

      “Ek gaan eendag by jou kom plak. Jy weet mos. Jy’t baie plek in daai woonstelblok van jou. Hoekom jy die hele plek moes koop, weet ek nie.”

      “Guh,” aap ek hom na.

      Sy oë mik regs, hawe se kant toe. “Is daar ’n rede hoekom hierdie Mosela-vrou jou bel en nie die polisie nie?”

      Ek kyk skeef na hom. “Jy sê dan jy wil nie weet nie.”

      “Oor wat jý doen, ja. Nie wat hierdie vriendin van jou doen nie.”

      “Sy vertrou nie die polisie nie.” Dis ’n halwe waarheid, maar darem ’n waarheid.

      Hy kyk wantrouig na my.

      “Jy weet ek doen nooit iets wat regtig onwettig is nie.” Dis ook meestal die waarheid. “En ek sal jou nie by so iets insleep nie. Wees net my ekstra oë en ore. Hoor en sien wat ek nie hoor en sien nie. Sê my wat jy dink.”

      “Of jouself nie.”

      “Hoe bedoel jy nou?”

      Hy kyk na my asof ek stupid is. “Moenie jouself by iets onwettigs insleep nie.”

      “Natuurlik nie.” Ek hou stil by ’n rooi verkeerslig.

      “So hierdie vriendin …” Jaap strek sy lang lyf in die sitplek. “Sy’s die rede hoekom jy vanoggend sommer net so op ’n vliegtuig spring. En sy was saam met jou in die tronk.”

      “Ja.”

      “’n Vriendin vir wie jy als in Pretoria net so los …”

      “Jaap. Hou op sukkel. Ek’s nie besig op die oomblik nie. Dis net dieselfde boring ou goed oor en oor – banke en versekeringsmense met ransomware-probleme. Leer hulle nooit nie? En ja, ek sal ekstra moeite doen vir Mosi, want sy het my gehelp in die tronk. Ek was ’n hacker, agtien en stupid en sy het seker gemaak ek oorleef. Tevrede?”

      Hy dink, gee dan toe: “Vir nou.”

      Twee minute later draai ek by Mosela Mosholi se kantoorgebou in. Sy werk op die sestiende vloer van die gebou weggesteek agter die African Pride-hotel, nie te ver van die Kompanjiestuin en Langstraat met sy kroeë, nagklubs en vreemde mengsel winkels nie.

      Ek parkeer, draai na Jaap. “Daar’s een of twee dinge wat jy gaan moet doen as jy daar bo kom. Sit jou hande in jou sakke en hou hulle daar. Moet aan niks raak nie.”

      “Niks? Ook nie oor …”

      “En moenie te veel vrae vra nie. Nee. Moet g’n vrae vra tot Mosi met jou praat nie. Moet niks sê nie, moenie reageer nie. En in hemelsnaam, moet niks daar binne eet as jy dalk iets saamgebring het nie.”

      “Waar? In haar kantoor?”

      “Dis bietjie meer


Скачать книгу