Skadukant. Rika Cloete

Читать онлайн книгу.

Skadukant - Rika Cloete


Скачать книгу
slegte pa doen so iets. ’n Lafaard.”

      “Jy praat nie so met my nie!”

      Haar wang vlam op toe hy haar weer klap en van haar hare beland in haar mond.

      “Moenie dink ek weet nie wat jy probeer doen nie,” sê hy smalend. “Ek sien dwarsdeur jou. Jy kan my nie om die bos lei nie.”

      Hy spring op, gaan vroetel naby die draaibank en kom dan terug met ’n skalpel en ’n lang stuk elektriese koord. Hy het nou latex-handskoene aan.

      “Nee,” protesteer Deirdre toe hy haar op haar rug teen die vloer vaspen en bo-op haar bene gaan sit. “Nee, asseblief!”

      Sy takel hom met haar vuiste, maar dit het geen uitwerking nie. Met brute krag weer hy dit af, dwing haar in die posisie waarin hy haar wil hê.

      Soos blits gryp hy haar kop vas, lig dit op, druk die koord behendig onder haar nek deur en bring die twee punte by haar keel saam. Die drukking vermeerder soos hy die punte oormekaar trek. Stywer.

      Hy gaan haar verwurg, die asem stadig uit haar pers.

      “Moenie, asseblief,” pleit sy, skaars hoorbaar.

      Elke spier in haar nek span styf soos sy haar kop probeer lig. Sy wil hom smeek om haar nie dood te maak nie. Miskien kan hulle onderhandel, tot ’n vergelyk kom, iets uitwerk. Sy mag nie nou sterf nie.

      Toe laat verslap hy die koord en sy voel hoe lug in haar longe terugstroom. ’n Hoesbui oorval haar en sy het moeite om dit onder beheer te bring.

      “Hoekom baklei jy so? Om dood te wees sal mos alles makliker maak,” sê-vra hy asof hy ’n belediging probeer verwerk. “Dit sal jou onnodige pyn spaar. Ek is tog nie onmenslik nie. En buitendien, ek wil werk sonder om gepla te word. Soos dit hoort.” Hy wag ’n rukkie en toe hy weer praat, kan sy selfs van agter die masker hoor dat hy dink hy het ’n wonderbaarlike insig gehad: “Of wag, ek weet nou. Jy is nie soos sy nie. Jy wíl kyk, nè? Jy wil alles sien en voel. Jy is nie bang nie, jy is nuuskierig. Jy wil weet wat ek doen.”

      Deirdre wil verstik. Het sy dinge net erger gemaak? Moes sy alles in stilte verduur het en gehoop het vir ’n vinnige einde? Is dit wat Hanna gedoen het?

      “Ek –” begin sy praat, maar hy val haar in die rede.

      “Nou goed, ek maak dan die vergunning op jou versoek.”

      Die koord lê slap om haar nek. Hy het dit laat los.

      Met die een hand sukkel hy om haar rok tot onder haar borste op te stoot, raak geïrriteerd met die materiaal. Dis ’n lang rok, dit bly in die pad. Met die ander hand tas hy na die skalpel wat hy op die vloer neergesit het, vat dit raak en sny haar broekie se rek af.

      Toe voel sy die lem liggies oor haar buik streel. Hy wil presies wees, reg sny.

      “Wag,” pleit sy weer, haar asem hortend. “Laat hom leef. Is ’n lewende kind nie beter as ’n dooie nie? Wil jy hom nie hoor ‘Pappa’ sê nie?”

      Sy moet alles moontlik probeer. Haar siel verkoop as dit Fionn sal red.

      “As jy hom spaar – óns spaar – is ons joune,” belowe sy. “Jou eie gesin. Vir altyd.”

      HOOFSTUK 5

      Dit is so stil tussen hulle dat sy die getik van haar horlosie kan hoor. Sekondes wat soos ure voel.

      Nou eers kom Deirdre agter dat die liedjie nie meer speel nie. Die man het dit waarskynlik afgeskakel om haar reaksie op alles wat hy doen sonder enige steuring te kan indrink. Soos iemand wat ’n kunswerk uit alle hoeke bestudeer of ’n eksotiese smaak op sy tong tot op die laaste wil geniet.

      Sy verwag elke oomblik dat hy gaan sny.

      Meteens begin haar maag kramp. Dit kom soos golwe oor haar, een na die ander.

      Die gewag raak ondraaglik. Sy wil vir hom skree om klaar te kry sodat sy kan uitbloei en doodgaan, dat hierdie hel net kan endkry. Maar hy bly met die lem oor haar buik streel, mik dié kant en dan daardie kant toe. Heen en weer skuur die skerp punt oor haar; hy begeer om die vel te deurdring, maar wil die bevrediging bly uitstel.

      Die krampe hou nie op nie. Sy wil duiselig word van die pyn. Sy kners op haar tande, wriemel.

      “Wat maak jy? Lê stil!” beveel hy.

      Sy kan nie antwoord nie. Sy kan skaars asemhaal.

      Iets breek binne haar, vloei uit haar uit. Is dit bloed? Water? Het hy haar oopgesny? Sy kan nie sien nie, sy voel net die hitte teen haar bene afloop. Haar liggaam ruk geweldig en toe weet sy:

      Dit is verby. Sy het vir Fionn verloor en hier is niemand om haar te help of hom nog te probeer red nie. Haar angs het ’n miskraam veroorsaak. Haar eie liggaam het haar folteraar voorgespring deur self haar kind te vermoor.

      “Wat het jy gedoen!” skeur die kreet agter die masker uit.

      Hy moes die bloed gesien het. Dit verwar hom, werp sy hele plan omver. Hy is steeds oor haar gebuig, die skalpel nou bewend in sy hand.

      Toe hy sy kop na haar toe terugdraai, sien Deirdre vir die eerste keer sy oë duidelik deur die splete. Dit boor deur elke vesel in haar. Daar is geen irisse nie, alles is pikswart. Dit kan net gekleurde kontaklense wees, want sulke oë is nie normaal nie.

      “Jy het my kind vermoor! Jý!” skree hy.

      Hy laat die skalpel klingelend langs haar op die vloer val en voel tussen haar bene. Toe hy sy hande te voorskyn bring, is hulle dieprooi. Hy skud hulle en sy is bewus van druppels wat louwarm op haar gesig val.

      “Sien jy dit? Jy het hom doodgemaak, jou teef.”

      Hy druk sy hand by haar in, sy vingers tastend. Sy sluit haar oë en probeer dink dat dit dokter Katz is wat haar ondersoek. Hy gaan haar nie seermaak nie, net seker maak dat alles reg is. Sy is veilig, niemand gaan haar iets aandoen nie.

      “Jy is leeg,” sê hy. “En my kind lê hier op die koue sement.”

      Die fetus en nageboorte moes afgekom het.

      Nog ’n kramp pluk in haar lyf, maar die leegheid is erger. En dit is nie bloot fisiek nie, Deirdre voel dit tot in haar siel.

      Fionn … Hy is dood. Leweloos in ’n plas bloed tussen haar dye. Nog voordat hy regtig mens was.

      Die skaduwee wat die man oor haar gooi, verdwyn toe hy opspring. Heen en weer storm hy voor haar verby met sy hande teen sy ore gedruk, sy kop aan die skud. Wat gebeur het, het hom alle beheer laat verloor.

      “My kind is dood … My kind is dood …” mompel hy eers, maar skree dit dan uit. Sonder ophou.

      Dit lyk of hy van haar vergeet het, of ten minste vir ’n tydjie. Deirdre skuif so onopsigtelik moontlik in die rigting van die skalpel. As sy dit net in die hande kan kry!

      Maar sy moet dit stadig vat. Sy wag ’n paar oomblikke. Dit voel asof daar niks in haar oor is nie en sy wil amper lag oor die makabere toneel wat voor haar afspeel – ’n gemaskerde moordenaar wat kerm oor ’n miskraam asof dit sy eie verlies is. Sy hou egter haar gesig uitdrukkingloos, bang dat enige emosie ’n nuwe uitbarsting kan ontketen.

      Die skalpel is nou sentimeters van haar af. Sy durf nie ’n geluid maak nie. Al wat sy moet doen, is om te strek en dit op te tel. Dis reg, moedig sy haarself aan, amper daar …

      Sy voel die instrument in haar hand. Sy moet kalm bly, nie oorgretig wees nie. Daardie lem is vlymskerp. ’n Verkeerde beweging en sy sny haarself.

      So versigtig as wat sy kan, druk sy die skalpel onder haar lyf in. Die verligting is van korte duur, want Pappa het weer van haar bestaan bewus geraak.

      “Jy is ’n nikswerd. Nie ’n ma se agterent nie. Jy het my kind vermoor en daarvoor gaan jy betaal.”

      “Nou weet jy ook hoe dit voel,” sê sy en konsentreer daarop om leedvermakerig te klink. “Nie soveel pret om aan die ontvangkant te wees nie, nè? Ek is nie meer bang


Скачать книгу