Hond se gedagte. Kerneels Breytenbach
Читать онлайн книгу.Maurice kan homself nie help nie. “Die ouvrou van …”
“Tipiese Middeleeuse lied.” Plas staan langs die tafel, plaas sy hand op Maurice se skouer. “Jy weet mos, Maurie. Ware liefde gee vertroue. Dis so in jul rugbyspelers se kraam. Ware liefde gee vertroue dat ek my liefdespyn weg kan sing. Haar gesig verbly my só dat ek aanvaar hoe sy my ook laat ly …”
“Dis só op die rand van onkant,” sê Fleur.
“Nou kan jy vra,” sê Plas, “hoekom sy dit met skoonheid en troos in verband bring.”
“Soos mens maar vra,” sê Maurice.
“En Bott antwoord eenvoudig. Die lied is so pragtig in sy eenvoud dat dit mens troos bring, al het jy nie troos nodig nie.”
“Ek sal maar daarna luister aanstaande Saterdagaand, nadat ons die beker gewen het.” Maurice verraai geen emosie nie.
Plas wil antwoord, maar bly stil wanneer die puttanesca-eter skielik langs die tafel verskyn.
Die man kyk na Fleur en Maurice, maar hy praat met Plas: “Rekening, asseblief.”
Fleur kyk op. Die man se donker oë laat haar dadelik kriewelrig voel. Sy kyk af, na Maurice – Maurie, lieweling, wat asvaal geskrik oorkant haar sit en na sy hande kyk.
Plas en die man stap na Plas se kredietkaartmasjiene en geldlaai by die ingang.
“Maurie …”
Hy bring sy hand na sy lippe, maak die teken van ’n ritssluiter.
Fleur sit saam met hom en wag op Plas se terugkeer.
Wanneer die man vort is, kom sit Plas weer by hulle. Hy merk dadelik op dat Maurice ontsteld is.
“Wat’s dit?”
“Spoeg uit, Maurie!” Fleur vermoed ’n storie.
“W-weet julle wie daai man was?”
Niekies. Hulle weet nie.
“Funky DD.”
Fleur kan dit kwalik glo. ’n Skadufiguur uit die kriminele onderwêreld. Só menssku dat hy in joernalistieke kringe op dieselfde vlak as die tandemuis en visioenêre politici geplaas word. Min mense het Didier van der Spuy al ontmoet. Dié wat het, het gewoonlik nie geleef om daarvan te vertel nie.
“Die Dansende Dood?”
“Einste …”
Plas gaan haal ’n bottel grappa en drie glase.
Hy skink.
“Hoekom sou hy sy draai hier gemaak het?” vra Fleur.
“Moordenaars moet ook eet,” sê Plas, en lig sy glasie in ’n onuitgesproke heildronk.
“Voorspooksel?” Maurice praat só sag dat hulle hom skaars kan hoor.
Hulle sê dit nie, maar al drie dink dieselfde gedagte: Wie is volgende in Funky DD se visier?
“Daai gesig troos niemand nie,” antwoord Plas.
1.
Fleur se Dagjoernaal
Donsie Rensburg (Beeld): Meningspeiling onder Bok-vroue: Ons gaan wen!
Mark Monteath – webjoernalis: Bokke struikel altyd in die pylvak.
Jon-Jon Blake (The Eye, Londen): Pasop vir Sol Miang en sy Aanraking van die Dood.
Lirim Emini (The Wage, Sydney): Aussies kry bedeesde ontvangs op Sydney-lughawe. Hoe die helde vergete geraak het binne drie dae.
Anthony Blumberg (Channel 7, Melbourne): Aussies sal Bokke aanstaande jaar in Super 9 vernietig.
Sandy Duncan (Daily Witness, Londen): Die Filosofie van Winsneming; vier spanne bly oor, en net een sal met die wins wegstap. Corpus Christi, die maatskappy in beheer.
Chris Welch (The Standard, Londen): Engelse span se dieetplan beste op toernooi.
Spencer Carlos (The Sentinel, Wellington): All Black-span dalk vanjaar almal op die Britse koning se Honours List.
Zac Going (The Auckland Advocate): Die Christchurch-breintrust wat die All Blacks se kampanje beplan het.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.