Vlakwater. Ingrid Winterbach

Читать онлайн книгу.

Vlakwater - Ingrid Winterbach


Скачать книгу
hy op om te gaan. “Hou my op hoogte van Viktor se moves en kom kyk een aand dvd’s,” roep Marthinus Niek agterna toe hy hom by die hekkie weggesien het.

      *

      Viktor Schoeman se eerste roman is in die vroeg tagtigs uitgegee deur Daspis, ’n klein ondergrondse uitgewery. (Niek was toe nog op kunsskool.) Die boek is verbied. In die laat tagtigs verskyn sy veel meer ambisieuse roman, Diepwater. Hoogs eksperimenteel, met swart bladsye, bladsye met net dialoog, afgewissel met pastiches van verskeie Afrikaanse tekste.

      In die middel negentigs skryf Viktor sy laaste groot roman – Vlakwater. Volgens hom die tweede in ’n beplande trilogie, waarvan Diepwater die eerste was. ’n Distopiese toekomsvisie. ’n Apokaliptiese vermenging van die historiese Suid-Afrikaanse verlede, ’n massief oordrewe hede, en ’n wetenskapsfiksieagtige toekoms. ’n Opeenstapeling van verdorwenhede, angstighede, politieke anarchisme, korrupsie, wanbestuur, opportunisme, vervleg met elemente van die Groot Trek, Grensoorloë, mynstakings, kernkragdebakels, godsdienstige fundamentalisme, boeremusiek, rappers, delwerye, imbongi’s, wit en swart tycoons, toordokters, mutimoorde. Satanisme en satanistiese rituele. Groot dele van die lukrake handeling speel af in ’n reusebegraafplaas, ’n soort heldeakker, tussen die grafte van helde van die Anglo-Boereoorlog en die Struggle. Daar is die desekrasie van hierdie grafte. Daar is (soos in Diepwater) kannibalisme en nekrofilie. Uitbarstings van kommunale geweld, oorvol lykhuise, grootskaalse moeder- en kindersterftes as gevolg van verhongering en armoede in die vroeëre tuislande, bladsye met inventarisse van ministeriële vergrype en misbruike – onder meer die onregmatige toe-eiening van grond, van tenders. Sinodale vergrype. Dit alles vermeng met verstommende tegnologiese vooruitgang: vlieënde motors, robotte as bediendes. Faksies op die platteland voortdurend op oorlogsvoet, groepe wat hardnekkig vasklou aan tradisies; voorvaderaanbidding; profete en profesieë. Kommunikasie met die dooies.

      Geen uitgewer wou daaraan raak nie. Viktor word gedwing om dit op eie koste te laat druk en versprei. Niek belê ’n stewige bedrag in die projek. En kan hy sommer die bokse gedrukte boeke by Niek stoor ook, asseblief, van waar hy, Viktor, dit dan op bestelling aan mense sal versend.

      Toe die verkope na anderhalf jaar steeds nie na wense verloop nie (min mense was lus vir daardie inventaris van verdorwenhede), en die terugvoer minder geesdriftig is as wat Viktor verwag het, maak hy hom uit die voete. Van die een op die ander dag is Viktor skoonveld.

      *

      Niek se vriend Blinky Booysen was kort, bonkig, altyd natgesweet, skrefiesoë, skrefiesmond, wye neusvleuels. ’n Rotgesig – geslepe, spits en grynslaggend tegelyk. Verregaande werk – skokkend, skandalig. Fantasties. Blinky se ateljee was ook ’n groot solder in ’n industriële gebou, naby ’n treinspoor, in een van die smerige Dickensiaanse geboue naby Niek s’n in die omgewing van Kaapstadstasie. In sy ateljee was alles smerig – jare se aangepakte roet en stof. Daar het hy sy groot doeke geskilder en hulle was die Here weet wonderwerke. Blinky was ’n neo-ekspressionis en ’n aanhanger van Trotski.

      Toe Niek terugkom in die Kaap na sy weermagopleiding is Blinky dood, of hy het verdwyn. Niemand kon Niek presies hieroor inlig nie, en hy het nie meer kontak gehad met Marlena Mendelsohn, Blinky se troue metgesel, nie.

      *

      Blinky het vir Niek sy werkplek gereël. Soos Blinky se ateljee, was dit koud en roetbesmeer, vol voëlkak (duiwe in die oop dakbalke), maar dit was groot. Blinky se metgesel, Marlena Mendelsohn (platoniese metgesel, sover Niek kon aflei), was besig met ’n meestersgraad in sielkunde, of kunsgeskiedenis, of albei tegelyk, hy het nooit presies geweet nie. Omdat Blinky se ateljee naby syne was, het sy soms by Niek in sy ateljee kom sit. Sy was ’n bron van vreemde inligting. In die twintigste eeu, het sy gesê, word monochromatiese werk oorspronklik geassosieer met die verskyning van die radikaal reduktiewe skilderkuns van die Russiese avant-garde. (Niek het in dié fase ’n voorkeur vir tonaliteite van grys gehad.) Sy’t op die enigste stoel (plastiek) in sy ateljee gesit en haar tee gedrink. In die somer het sy kort rokkies gedra en in die winter ’n trui met gate, waarvan die moue te lank was. Sy het hoë voetbrûe gehad, smal voete, en benerige seunsknieë. Die delikate beentjies van haar enkel (die onderste gedeeltes van die tibia en fibula, waar dit heg aan die beentjies van die voet) was perfek geproporsioneer.

      Sy het gesê: Moenie net na eietydse kuns kyk nie. Kyk na ouer kuns. Kyk na Matthias Grünewald se Isenheim-altaarstuk. Kyk of daar iets in die eietydse kuns is wat die intensiteit daarvan ewenaar. Die demoon in die Versoeking van die heilige Antonius. Die heilige Antonius self, met sy barstende swere en gruwelike absesse. Die aangetaste demoon wat ly aan die Vuur van die Heilige Antonius in die onderste linkerhoek van die Versoeking. Niek se gebruik van grys het haar interesseer. Sy’t hom gewys op die gryse in Goya en Manet se werk. Sy was blond. Haar oënskynlike verlooptheid was net ’n skans. Haar oë was ’n onbepaalbare grysgroen, dromerig, en altyd gerig op iets nét agter hom. Sy’t hom daarop gewys hoe hy hom inhou in sy werk. Sy’t hom gewys op grys as die kleur van ontkenning en weerstand.

      Grys, het Marlena gesê, is inert, dis neutraal. Swart en wit het te veel bagasie. Swart het te veel mistieke assosiasies. Wit het te veel modernistiese assosiasies van suiwerheid en transendensie. Grys is die enigste anonieme, die mins persoonlike kleur. Juan Gris, het sy gesê, het sy naam verander na John Gray, om so anoniem moontlik te wees. Grys stimuleer nie, dit is perseptueel bewegingloos. Giacometti het byna mal geword, het sy gesê, met ’n beker tee in haar hand, haar bene oormekaar gekruis (self iets om van mal te word), en grys was ’n uitweg. Reeds so geteister deur angs het Giacometti byna van sy kop af gegaan toe hy die portret van Isaku Yanaihara geskilder het. Hy het die beeld van sy sitter nie kon vasvang nie, kompulsief die areas herwerk, totdat daar groter en groter ongedefinieerde grys areas in die werk was. Sartre het van die ses variasies van hierdie Yanaihara-portrette gesê dat hulle die eksistensiële stryd uitbeeld tussen being en nothingness. Die kleure het die een na die ander weggeval, het Giacometti gesê, en al wat oorgebly het, was grys, grys, grys. Niks omvou die figuur nie, sê Sartre, niks bevat hom nie, hy is geïsoleer in die immense grensloosheid van die leegte.

      Toe Niek terugkom na sy weermagopleiding is Blinky weg – hy het óf selfmoord gepleeg óf sommer net verdwyn. Niemand kon Niek presies hieroor inlig nie, en hy het nie meer kontak met Marlena Mendelsohn gehad nie. Hy het verneem dat sy ’n verhouding met Viktor Schoeman aangeknoop het.

      *

      Die meisie wat die kamer by hom huur, werk hard. Sy’s geheimsinnig oor waarmee sy besig is. Hy wil nie te veel uitvra nie. Hulle sien mekaar nie dikwels nie. Sy is ’n ideale huurder. Stil, netjies in die kombuis, sy’t haar eie badkamer. Hulle loop mekaar soms laatmiddag in die kombuis raak, wanneer sy vir haarself ’n koppie koffie maak. Al wat hy van haar weet, is dat sy ’n fotografiekursus in die Kaap kom doen het by die Skiereiland Kunsakademie. Hy het nie gevra om na haar portefeulje te kyk nie. Hou sy afstand. Ander dinge op die oomblik op die hart.

      Is haar kamer groot genoeg vir haar om in te werk? vra hy.

      O ja, sê sy. Sy’t nog nooit soveel ruimte vir haarself gehad nie.

      Vyf

      ’N PAAR DAE NADAT HY die poskaart van Viktor ontvang het, kom Niek laatmiddag terug van sy ateljee, waar hy die hele dag gewerk het. Toe hy by sy hek stilhou, kom ’n motor met getinte ruite stadig by hom verby, hou langs hom stil, ’n venster word afgerol, en ’n reeks obseniteite word Niek toegeslinger. Dan versnel die motor en ry weg.

      Niek haas hom sy huis binne. Dit was onaangenaam. Hy het geen idee waarom hy op dié manier geteiken is nie. Die huis is vreemd stil. Hy het skielik ’n gevoel van voorbode. Sy huurder het gesê sy gaan die naweek weg, dalk is sy al terug. Sy’t gesê sy gaan iewers foto’s neem. Sy is saam met ’n vrou hier weg, ’n Desirée iemand, ’n lang, maer vrou met ’n tulband om haar kop. Nie baie vriendelik nie. In die kombuis is daar ’n koppie en ’n bordjie in die droograk (altyd versigtig – sy laat nooit ’n krummel iewers lê nie, was alles dadelik op na sy dit gebruik het). Dit beteken sy is terug.

      Hy gaan besluiteloos in die gang staan wat lei na haar deur. Haar naweeksak staan in die gang en haar deur is op ’n skreef oop. Dit doen hy nie gewoonlik nie, maar hy loop na die halfoop deur. Hy klop sag, noem haar naam.


Скачать книгу