Tweegevreet. Zirk van den Berg

Читать онлайн книгу.

Tweegevreet - Zirk van den Berg


Скачать книгу
lank as wat hulle kan, voordat hy weer praat. “En jy, wat maak jy so vroeg?”

      “Die dag het te lank gevat om aan te breek,” sê Siegfried.

      “Ek weet! Ek weet!”

      Sy metgesel se drif is aansteeklik en Siegfried hoor homself sê: “Ek weet nie hoeveel lig jy soek nie, maar dit kan nog ’n rukkie duur … Daar is ’n plekkie onder in Gartenstrasse waar ons ontbyt sal kan kry.”

      “Ek sê nooit nee vir ’n stukkie spek nie,” sê die man en steek sy hand uit. “August Niedermeyer.”

      * * *

      Wanneer jy met waterverf werk en jy het so pas ’n waterpoel of iets blous geverf en jy steek jou kwas in ’n glas water en jy kry daardie wolkerige blou strepe wat soos rook wiebel, dis waaraan die oggendlug hom herinner.

      August Niedermeyer wens hy kon skilder wat hy sien en sê wat hy voel. Sy oë, groen tussen die swart wimpers, lyk asof hulle dwarsdeur dinge kan kyk, maar inderwaarheid is hy maar net baie goed daarmee om te sien hoe kleur van oppervlakke af kaats en hoe dit deur die dynsigheid filter. Hy kan ’n meslem se rand skilder, ’n wolk, ’n skoenlapper se vlug oor ’n bedding angeliere, die gewig van ’n elmboog op ’n tafel. Hy maak sy bestaan deur portrette te verkoop wat mense uitbeeld hoe hulle hulself aan ander wil voorhou. Hy het die kuns bemeester om sy onderwerpe sowel oombliklik herkenbaar én aantrekliker te maak, om vir sy gehoor ’n leuen aan te bied wat hulle maar te graag as die waarheid wil aanvaar. Waarna hy egter hunker, is om dinge te wys soos wat dit werklik is, en dit kan hy met landskappe doen. Die natuur kla nooit dat die kunstenaar sy kieste te dik maak of sy neus te skeef nie, dit is soos dit is, of iemand nou kyk of nie, en word nie gepla deur sy pogings om dit weer te gee nie.

      Hy kyk na die bleek voordaglug bokant die heuwels en rante wat Windhoek omring en wonder of daar sin in sal wees om ’n skildery soos ’n tent te maak wat reg in die rondte gaan en mense moet onderdeur buk om in te gaan en dan is die landskap reg rondom hulle, soos dit hier is. Jy moet ’n oomblik soos hierdie kan deel.

      Ritmiese knarsgeluide aan sy regterkant onthul dat hy nie die enigste een is wat so vroeg aan die gang is nie. Dit is ’n jong man, nog maar in sy twintigs, klein en lig op sy voete, met ’n donkergrys pak en ’n swart rondebolkeil wat lyk asof hy gefrommel was. August val in by dié mede-oggendmens en knoop ’n geselsie aan. Die man stel ontbyt voor en August besluit terstond dis ’n goeie plan. Hy is daaraan gewoond om alleen te wees, maar om in ’n vreemde land te wees maak die eensaamheid nog erger. In elk geval het sy luim verbeter, seker oor hoe mooi die oggendlig is.

      Die kafee lyk na ’n gewone huis, met ’n bord buite wat sê Kaffeehaus Elbe en ’n dubbele ry klippe wat die paadjie van die tuinhekkie af voordeur toe afbaken. Binnekant is daar sewe tafels, waarvan een groot genoeg is vir ses stoele, en al die ander vir twee of vier. Hulle word bedek deur gedrukte tafeldoeke met twee effens verskillende patrone – die meeste mense sal nie die verskil agterkom nie. Dit is koel binnekant, met dralende stof wat nie te lank gelede nie deur ’n besem opgeskop is. August kies ’n plek teen die voorste muur waarvandaan hy die son sal kan sien opkom. ’n Fyn meisie met ’n gelerige gelaatskleur kom van agter af met ’n skinkbord vol sout- en peperpotjies, en blompotjies waarin mooi takkies gerangskik is. Toe sy die klante sien, roep sy na iemand in die agterkamer en gaan aan met haar werk, om een van elke item op elke tafel te pak.

      ’n Skraal middeljarige man verskyn, liploos en glimlaggend. Hy haal ’n notaboek uit sy voorskoot se voorste sakkie. “Menere, wat sal dit wees? Ek het nou net ’n pot koffie gemaak wat ek graag met julle deel, met my komplimente.” Toe hy sien dat August sy pyp en tabaksak opdiep, leun die man oor en maak die venster oop. “Elke dag ’n nuwe vreugde,” sê hy, met geen teken van blydskap of ironie nie.

      In die kort gesprek wat volg, kom August te wete dat die kafee-eienaar van Maagdenburg af kom en al drie jaar lank in Windhoek woon. Sy metgesel is al sedert vroeg die jaar in Duits-Suidwes-Afrika, eers as soldaat, maar nou op afgedeelde diens as polisieman, tans met twee dae vakansie. Toe hy sy ietwat verfoeste hoed afhaal, blyk dit die kêrel het ’n besondere voorkop, asof die vel papierdun oor sy skedel span. Dit en sy intense manier van kyk skep die indruk dat hy uit ’n toringkamer op die een of ander universiteitsdorp ontsnap het, ’n uitgeteerde denker, onvanpaste sonbruin op sy skoongeskeerde gesig.

      Toe die kafeebaas weg is met hulle bestellings, kry August sy pyp aan die gang, een van rooshout wat hy onlangs ingebreek het, en tussen dampe vra hy ’n vraag, sommer om die gesprek aan die gang te hou. “Wat is dit wat jou so gretig gemaak het dat die dag moet kom?”

      Die polisieman, wie se van Bock is, lyk ongemaklik en rem aan sy baadjie se skouer. “Ek het hom lank laas gedra en nou sit hy styf,” verduidelik hy. “In elk geval, die ding is, ek het tyding gekry dat iemand wat ek ken van Berlyn af gekom het en … ek sou haar graag wou sien.”

      “Ag so?” vra August toe hy die vroulike voornaamwoord hoor. “Liefde?”

      Nou stoei die man met sy broek se band ook. “Ek was dolverlief op haar. Deesdae is ek sekerder van die dol as van die liefde.”

      Terwyl August luister na die verhaal van hoe versot Bock was op hierdie vrou wat eintlik iemand anders liefhet, van hoe haar pa uiteindelik daartoe genoop is om die hardnekkige klein pes uit sy dogter se lewe te kry deur te reël dat hy by die leër aansluit en weggestuur word na die oorlog in Afrika, voel hy ’n sekere broederskap. Vroue is hoe mans seerkry, die hart is hulle Achilleshiel.

      Oor ontbyt, terwyl hy met sy mes en vurk woeker, kou en sluk, vertel hy sy eie storie.

      “Ons mans, ons is skepe wat deur die winde van liefde van koers gewaai word, wrakke op die rotse van vroue. Myne was Hildegard. Anders as jou Traudl het sy my terug liefgehad. Sy was een van my studente, potensieel ’n goeie skilder. Eendag het ek haar hand gelei en sy leun teen my aan …” Hy kou ’n korsie swart brood, kyk verby sy metgesel terwyl sy gedagtes met die herinnering spartel. Toe sluk hy. “Die koeël was deur die kerk, sy het nooit weer ’n enkele kwashaal geverf nie.”

      Wat sy pleks daarvan begin doen het, was om vir hom te poseer – om die onderwerp te wees in plaas van die kunstenaar. August onthou haar wat daar sit sonder ’n draad klere, met niks anders as ’n glimlag wat hy nooit kon deurgrond nie. Hy het aangeneem dit is ’n masker om haar verleentheid te verberg, het gevrees dis omdat sy geweet het watter effek haar vroulike skoonheid op hom het. Het sy geweet hoe hy sukkel om na haar borste, middel, heupe en bene te kyk in terme van lyn, volume, kleur en tekstuur, sonder om hulle onder sy hande voor te stel?

      “Ons het verloof geraak. My kunsklasse was vol en ek het ’n klompie skilderye verkoop. Die lewe was mooi en vol belofte. Ek het nie geweet ’n mens kan so gelukkig wees nie, dit het my selfs ’n bietjie verleë gemaak.”

      Hy skep asem terwyl hy botter op nog ’n sny brood smeer en ’n hap vat wat sy tande se buitelyne daarop afets.

      “Aangesien jy so pront was met jou storie, sal ek jou vertel wat volgende gebeur het. Hierdie polospeler het in haar sosiale kringe verskyn, wat, as ek nou eerlik moet wees, ’n entjie bo my vuurmaakplek was.”

      “Polo?” Die mannetjie lyk ongelowig.

      “Ja, kan jy dit glo? Die spel met perde waar jy ’n bal in ’n net in moet slaan, daai een. Nie te lank gelede nie is dit net in die Ooste gespeel, toe begin die Britte daarmee en nou speel die rykes dit in Berlyn. Daar is selfs sprake dat hulle ’n klub gaan begin. Die wêreld krimp by die dag, die mees eksotiese goed raak alledaags. Binnekort is daar niks oor waaraan ’n mens jou kan verwonder nie.” Hy waai sy hand asof om van die steurende gedagte ontslae te raak. “In elk geval, hierdie polospeler. Iets omtrent hom het haar skoon muisneste gegee. Ek stel hom altyd voor as ’n laventelhaan. Sy het hom by ’n Nuwejaarspartytjie ontmoet en teen Maart het sy teenoor my bely dat sy swanger is. Dit kon nie myne wees nie, ons het nooit … Hoe ook al, sy het my liefgehad en was jammer en kon nie mooi verstaan hoe sy toegelaat het dat dit gebeur nie, asof hy haar betower het. Dit was moeilik vir my om te aanvaar, maar ek het haar innig liefgehad en sy vir my. Ons het besluit ons sal dit wat gebeur het ongedaan maak, dat ons sal terugkeer na hoe dinge eens was en dat ons die gelukkige


Скачать книгу